'n oomblik stilte, voor die woorde begin

WIE ONS IS · WAAROM ONS SKRYF

Oor Ons

Netmens is nie 'n redaksie nie — dis 'n klomp mense wat glo woorde nie altyd haastig hoef te wees om waar te wees nie.

Skryftafel in die stilte
waar dit begin het
Hoe Dit Begin Het

Netmens is nie in 'n vergaderkamer bedink nie — dit het op 'n stoep begin.

Ons het gesukkel om plekke te vind waar Afrikaanse woorde nog ruimte kry om stadig te wees — sonder om vir kliks te veg of vir 'n algoritme te skryf. So het netmens ontstaan: 'n plek waar 'n gedagte oor die platteland net so welkom is as een oor verlies, liefde, of 'n stilte wat te lank aangehou het.

Ons is geen groot uitgewer nie. Ons is 'n klein groepie mense wat glo 'n storie hoef nie perfek te wees om waar te wees nie — net eerlik.

120+ Stories Gedeel
3 Jaar Onderweg
1 Stem, Eerlik
Ons Waardes

Waarvoor Ons Staan

01

Eerlikheid bo alles

Ons skryf nie om indruk te maak nie. As 'n gedagte oncomfortable is, bly dit staan — ons gladstryk dit nie weg vir netheid se onthalwe nie.

02

Stadigheid as keuse

Ons publiseer wanneer daar iets is om te sê, nie omdat 'n skedule dit vra nie. 'n Stuk kry die tyd wat dit nodig het om te ryp.

03

Die platteland se stem

Ons skryf uit die hart van die land uit — nie as 'n uitstappie of onderwerp nie, maar as die plek waarvandaan ons kyk.

Ons het nie meer stemme nodig wat harder praat nie. Ons het stemme nodig wat eerlik bly wanneer dit stil raak.

Waarom ons skryf

Ons Pad Tot Hier

2023

Die eerste bladsy

Netmens begin as 'n privaat notaboek — 'n paar gedagtes wat te lank in laai gelê het en 'n plek nodig gehad het om te asem.

2024

Meer stemme sluit aan

Wat as 'n eenmansprojek begin het, groei stadig groter toe ander skrywers hul eie stories begin deel het — elkeen in hul eie stem.

2026

Vandag

Netmens bly klein met opset — 'n handjievol skrywers, geen haas, en 'n gemeenskap wat lees soos hulle sou 'n brief van 'n vriend lees.

Die Stemme Agter Netmens

Geen outeur met daardie naam gevind nie.

Skryf Saam Met Ons

Het jy 'n storie wat stadig geskryf wil word?

Ons soek altyd nuwe stemme wat eerlik skryf. Stuur vir ons 'n boodskap — ons hoor graag van jou.

Netmens
stadig, eerlik, en sonder haas.
of
Wagwoord vergeet?
of

Nog nie 'n rekening nie? Registreer